Belasting seisoen 2019 - inligting en dokumentasie benodig vir voorbereiding en indiening van u opgawe
Belasting seisoen 2019 skop af op 1 Julie 2019, en ons verskaf hiermee graag vir u 'n lys van algemene inligting en dokumentasie wat ons as belasting praktisyne benodig om u opgawe te voltooi en in te dien:
Inligting om te bevestig, veral indien daar onlangs enige veranderinge was:
- Opgedateerde e-pos, woon- en pos-adres;
- Werkplek, tuis en sellulêre telefoon kontak besonderhede;
- Bank besonderhede, sodat SAID potensiële terugbetalings na die korrekte rekening kan maak; en
- Huwelik status (in gemeenskap, buite gemeenskap of buite gemeenskap met die aanwas).
Dokumentasie benodig (per belastingjaar):
Inkomste bewyse:
- Vir inkomste verdien as 'n werknemer, u IRP5 en IT3a sertifikate vanaf u werkgewers;
- Vir inkomste verdien uit aftree fondse, u IRP5 sertifikate vanaf die fonds ontvang;
- Vir enige enkelbedrag uitkerings (by aftrede of ad-hoc ontrekking), die relevante IRP5 sertifikate en belasting aanwysings;
- Belegging inkomste:
- IT3b sertifikate vir enige rente en dividende ontvang op u bank en beleggings rekeninge;
- IT3c sertifikate vir enige kapitaalwins / verliese gedurende die jaar op al u beleggings rekeninge;
- Bydrae sertifikate vir enige belastingvrye beleggings rekeninge in u naam;
- Besonderhede van enige bates wat u gedurende die jaar verkoop het (grond, geboue, beleggings eiendom, ens), tesame met die aankoop datum, kosprys en enige verbetering koste, vir Kapitaalwins belasting doeleindes.
Aftrekbare bedrae:
- Indien u 'n reis toelaag ontvang of gebruik van 'n maatskappy voertuig geniet, benodig ons u ritboek met alle besigheid reise, asook die voertuig se besonderhede;
- Bydrae sertifikate vir:
- Voorsorgfondse;
- Aftreeannuïteitsfondse;
- Mediese fondse;
- Mediese onkoste wat nie deur u mediese fonds betaal was nie (fakture en betaal strokies is essensieel)
- Indien u, u lewensmaat, of u kinders ly aan 'n gebrek, geliewe die dokter wat die gebrek behandel te versoek om 'n ITR-DD vorm te voltooi en onderteken - dit sal u in staat stel om 'n groter aftrekking te eis teenoor u mediese onkoste;
- Vir donasies aan Artikel 18A geregistreerde welsyn organisasies, verskaf asseblief ontvangs strokies met die organisasie se registrasie nommers daarop aangedui;
- Indien meer as 50% van u inkomste uit kommissie bestaan:
- Tuis kantoor uitgawes;
- Onthaal uitgawes;
- Voertuig ritboek en bewyse en besonderhede van enige ander besigheid reis kostes;
- Opsomming van alle uitgawes aangegaan in die generering van u kommissie inkomste;
Inkomste vanuit ander bronne:
- Indien u enige huur inkomste ontvang het:
- Opsomming van die huurinkomste waarop u kontraktueel geregtig is;
- Opsomming van enige uitgawes wat verband hou met die verhuurde eiendom/bates;
- Verbandlenings state vir die jaar, sodat die rente uitgawe vir die jaar bepaal kan word;
- Indien u enige besigheid in u eie naam bedryf het:
- Opsomming van inkomste verdien, per maand;
- Opsomming van enige uitgawes aangegaan in die bedryf van die besigheid;
Die bogenoemde lys van inligting en dokumentasie dek slegs die mees algemene belasbare inkomstes en aftrekbare items, en is dus nie alles omvattend nie, indien u enige addisionele inkomstes of uitgawes aangegaan het, en u twyfel oor die hantering daarvan vir belasting doeleindes, kontak ons gerus om klaring te kry.
Ons sien uit daarna om u bystand te lewer met die voltooiing en indiening van u belasting opgawe!
You might also like:
Tax season 2021 - information & documentation required for completion and filing of your income tax return
- DFI Accounting
- June 2021
Tax season 2021 kicks off on 1 July 2021, and we would like to give you a broad idea of the information & documentation required by us, your tax practitioners, in order to complete and submit your returns ...
Tax season 2019 - information & documentation required for completion and filing of your income tax return
- DFI Accounting
- September 2019
Tax season 2019 kicks off on 1 July 2019, and we would like to give you a broad idea of the information & documentation required by us, your tax practitioners, in order to complete and submit your returns...